
Vrou vas weens kabels wat glo aan Eskom behoort
Loading player...
'n 52-jarige vrou is Maandag deur die Calcutta-landdroshof in aanhouding gehou na sy deur die Valke in hegtenis geneem is vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, is koper- en aluminiumkabels wat glo aan Eskom behoort sowel as seil van Transnet by Nombango Mogiba se huis in Mkhuhlu gevind. Die saak is tot Donderdag, 1 Februarie, uitgestel vir ’n formele borgaansoek.