
LUR vergader met Bohlabela-hoofde oor verswakte matriekslaagsyfer
Loading player...
Die LUR vir Onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, vergader vandag saam met die adjunkminister van Basiese Onderwys, Doktor Reginah Mhaule, met alle skoolhoofde in Bohlabela-distrik. ‘n Woordvoerder van die Departement, Jasper Zwane, sê die distrik het ‘n matriekslaagsyfer van sowat 10 persentasiepunte minder as in 2022 behaal. Die doel van die vergadering is om die uitslae te analiseer en die leerling-verbeteringsplan vir 2024 te bespreek.