
Drie vasgetrek na moord op dokter in Mbombela
Loading player...
Drie verdagtes, tussen 20 en 38 jaar oud, verskyn vandag in die Nelspruit-landdroshof vir die moord op dr. Nicholas Procter. Die 40-jarige narkotiseur is Donderdagmiddag dood gevind in ‘n huis in Green Valley Estate in Mbombela na hy die oggend as vermis aangemeld is. Volgens ‘n polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, is die drie verdagtes gister in Protea Glen, Gauteng, aangekeer.