
Taxibaas in Delmas afgemaai
Loading player...
Drie mense, insluitende ‘n 34-jarige taxibaas, is Saterdagaand in Delmas doodgeskiet. Volgens die polisie in Mpumalanga sluit die slagoffers twee van die taxibaas se lyfwagte in. Die verbyry-skietery het in Botleng plaasgevind toe ‘n groep gewapende mans op die twee voertuie waarin die slagoffers gery het, losgebrand het. ‘n Vrou is ook raakgeskiet en gewond. Die motief vir die moorde is tans onbekend.