
Vermeende inbreker in hospitaal na hy uit aanhouding probeer ontsnap
Loading player...
‘n 28-jarige verdagte is onder polisiebewaking in die hospitaal na hy beserings opgedoen het terwyl hy Saterdagoggend in Kwamhlanga uit aanhouding probeer ontsnap het. Die man is aanvanklik vir huisbraak gearresteer. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het hy ‘n polisiebeampte gestamp en oor ‘n muur gespring, maar hy is kort daarna heraangekeer. Die omstandighede van sy ontsnapping word intern en krimineel ondersoek.