
Forensiese ondersoek na Schoemansdal-stadion geloods
Loading player...
# Die DA in Mpumalanga het 'n forensiese ondersoek na die konstruksie van die Schoemansdal-sportstadion in Nkomazi verwelkom. Volgens DA-lid Trudie Grove-Morgan volg dit op skriftelike vrae wat die party aan die LUR vir Samewerkende Regering, Mandla Msibi, gerig het. Volgens die LUR ontken Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit, wat verantwoordelik daarvoor was, enige kennis aangesien die amptenare wat 20 jaar gelede daarmee gewerk nie, nie meer daar is nie. Nkomazi-munisipaliteit sal nou verantwoordelikheid vir die afhandeling van die projek oorneem.