
Drie wat Inkomstediens glo bedrieg verskyn vandag in Nelspruit-hof
Loading player...
Drie mense en hul maatskappy verskyn vandag weer in die Nelspruit-landdroshof na hul arrestasie op aanklagte van bedrog. Volgens die Valke het Sibusiso Madonsela, Thembisile Madonsela en Sibusiso Lekhuleni namens “Shop Mor” vervalste belastingopgawes in die bedrag van 780-duisend-Rand by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ingedien. Hulle is Maandag aangekeer en het gister vir borgtog aansoek gedoen. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, word hulle ook aangekla van oortreding van die Wet op Belastingadministrasie en die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad.