
Vrou wat glo polisieman-vriend in Pienaar vermoor verskyn vandag weer in die hof
Loading player...
Die vermeende moordenaar van ‘n polisiebeampte verskyn vandag weer in die Hooggeregshof in Mbombela. Die 28-jarige Zanele Mkhonto word daarvan aangekla dat sy haar vriend, Sersant Mandlenkosi Happy Thwala, in Augustus verlede jaar in Pienaar vermoor het. Thwala is vyf keer geskiet, na bewering met sy eie dienspistool. Mkhonto is kort daarna aangekeer. Sy is borgtog geweier. Volgens die Valke in Mpumalanga sal sy na verwagting vandag skuldig pleit.