
Mpumalanga mik vir slaagsyfer van 83-persent in matriek-eindeksamen wat vandag begin
Loading player...
# Die Mpumalanga Onderwysdepartement hy is gereed vir die matriek-eindeksamen wat vandag begin. Die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, sê sy departement is slaggereed om te verseker die eksamen verloop vlot. Volgens Majuba handhaaf Mpumalanga sedert 2019 voorval-vrye eksamens. Vanjaar sal 68-duisend-681 voltydse en 16-duisend-767 deeltydse matrikulante die eksamen aflê. Volgens 'n woordvoerder, Gerald Sambo, mik die departement vir 'n algehele slaagsyfer van 83-persent.