
Tevredenheid met eindeksamen sover
Loading player...
Die Mpumalanga Departement van Onderwys sê hy is tevrede met die verloop van die matriek-eindeksamen tot dusver. Dit het verlede Maandag afgeskop en loop op 6 Desember ten einde. ‘n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, vra alle ouers en skoolgemeenskappe om aan te hou om ‘n gunstige omgewing te skep vir die leerlinge om sonder hindernisse te studeer en hul eksamens af te lê.