
Polisie waarsku teen die dra van kontant hierdie feestyd
Loading player...
Die polisie in Mpumalanga het mense gewaarsku om dit te vermy om groot bedrae kontant aan hul persoon te hou hierdie komende feestyd. Die woordvoerder van die provinsiale polisie, Kolonel Donald Mdhluli, verwys na ‘n voorval verlede jaar toe ‘n verpleegster, Jabulile Mdhluli, in Masoyi buite Witrivier doodgeskiet is toe rowers toegeslaan het waar ‘n stokwel bymekaar gekom het om hul geld te verdeel. Mdhluli sê dit is veel veiliger om elektroniese transaksies te maak.