
Man gesoek na vrou verwurg is
Loading player...
Die polisie in Mpumalanga doen 'n beroep op lede van die publiek om na vore te kom met inligting oor 'n man wat hulle glo hulle kan help in die oplos van 'n moord in Wakkerstroom verlede naweek. Dit volg op die moord op die 29-jarige Thobile Mayisela na sy 'n begrafnis in Driefontein bygewoon het. volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli is sy verwurg.