'n Krisiskomitee wat in die presidensie aangestel is toets tans wat die beste oplossing is vir opeenhopings van vragmotors by grensposte. Dit sluit Lebombo, die besigste grens in Suidelike Afrika, in. Linda Grimbeek van die Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) sê die kenners was tydens 'n besoek werklik…
Die Memorable Order of Tin Hats (Moths) onderhou reeds verskeie areas van geskiedkundige belang in Barberton, maar die Lone Tree Bomgat het nou planne om dit uit te brei. Liam May sê stukkies geskiedenis moet bewaar word vir toekomstige generasies.
Twee mense, waaronder ‘n 11-jarige kind, veg om hul lewens in die hospital na ‘n skietery by Nhlalakahle Trust naby Calcutta gisteraand. Twee mense is dood in die voorval by ‘n perseel wat voorheen as taverne bedryf is. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, het twee gewapende mans binnegekom en…
Die polisie in Mpumalanga het met 'n ondersoek begin ná die moord op 'n wyksraadslid van die ANC en nog 'n man wat Saterdagaand in Calcutta naby Hazyview doodgeskiet is in nóg 'n skynbare sluipmoord.
Pediatric Care Africa beoog om die mense van Phalaborwa en boere van die Louis Trichard en Bandelierskop-omgewings wat onlangs deur verwoestende brande geraak is, te help. Dr. André Hattingh sê boere sukkel selfs sonder om sulke massiewe skade te ly. Pediatric Care Africa wil aan almal wat daardeur geraak is,…
Die LUR vir Onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, vergader vandag by HTS Middelburg met die voorsitters van beheerliggame, skoolhoofde en presidente van die Verteenwoordigende Leerlingraad van Nkangala-distrik. Volgens 'n woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, het dit ten doel om rolspeler-betrokkenheid in die lewering van gehalte-onderwys in die provinsie te…
'n Wyksraadslid se lewe en dié van nog 'n man is kortgeknip toe 'n gewapende verdagte Saterdagaand by Tsema-Marhumbu in Calcutta op hulle losgebrand het. 'n Derde persoon is gewond. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, het die 55-jarige raadslid, Lot Nkuna (55), saam met David Matsane in…
’n 33-jarige man is in hegtenis geneem op aanklag van moord. Die 44-jarige Abel Magane is Woensdagaand in Belfast deur 'n verdagte in 'n wit Amarok-bakkie geskiet. Hy is met sy aankoms by Belfast-hospitaal dood verklaar. Die verdagte het homself gister aan die polisie oorgegee. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga,…
Cindy Coetzee van die Indigo Smiles Autism Foundation (ISAF) was gistermiddag oorstelp toe MDS Collivery haar regstreeks op die lug verras het met 'n skenking van R10 000 vir die nie-winsgewende organisasie. Lizé van der Merwe van Collivery verduidelik hoekom hulle die I-S-A-F, wat ouers van kinders met spesiale behoeftes…
Voorgestelde wysigings aan die Padongelukkewet word met teenkanting uit talle oorde begroet. Pieter Nel, 'n Laeveldse prokureur wat spesialiseer in derde party eise, sê dit sal verreikende gevolge hê as dit in sy huidige vorm deurgevoer word. Hy beskou dis ook as uiters onbillik teenoor enigiemand wat daardeur geraak kan…
Die Polisie in Belfast ondersoek 'n roof na twee gewapende verdagtes in 'n voertuig met blou ligte hulself as wetstoepassers voorgedoen het op die N4. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, is die pa en seun Mosambiekse burgers. Hulle is vroeg gisteroggend gestop en met ‘n vuurwapen aangehou…
Die polisie ondersoek ‘n saak van kinderverwaarlosing na ‘n pasgebore baba in Van Blerk Park in Middelburg ontdek is. Volgens die Mpumalanga polisie het ‘n man wat verlede Vrydagaand herwinbare produkte in 'n asblik gesoek het, die seuntjie in 'n plastieksak toegedraai ontdek. Die naelstring was nog aan die baba…
Die VLU Malieveldstreek vier hierdie naweek Erfenisdag met decoupage, Macrame en koesisters en melktert). Wendy Bam vertel vir die Verkas-span dat die organisasie vir alle vroue bedoel is, dit hulle bemagtig en 'n gemeenskap bied. Die Klets en Kuier vind Saterdag by die NG Moedergemeente-kerksaal in Bellstraat plaas. Manne is…
Twee mense wat aangekla word van bedrog en oortreding van die Wet op Belastingadministrasie is gister borgtog van 5-duisend-Rand elk toegestaan in die Witrivier-landdroshof. Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê Romini Lucky Shongwe, die enigste direkteur van Velibanti Vuka, Noxolo Mpumelelo Mndawe se beweerde belastingbedrog…
Drie verdagtes is gister op die N4 naby Middelburg vasgetrek in besit van gesteelde spoorlyne met ‘n geraamde waarde van 3-miljoen-Rand. Volgens die polisie in Mpumalanga is die arrestasie die resultaat van samewerking tussen die Teen-bende-eenheid, patrollie-beamptes en lede van die publiek. Volgens inligting is die treinspoor verlede maand naby…
Die stel van strikke in die wildtuin is 'n baie groot probleem. Jacques Malan, 'n SANParke Ereveldwagter wat reeds 14 jaar betrokke is by die uitroei van die strikke, voer aan dat dit meer gekonsentreerd is naby aan dig-bewoonde gebiede buite die park. Hoewel veldwagters in die wildtuin ook daagliks…
Gesprekke tussen rolspelers het begin om basiese dienste na Kaapsehoop te bring. Volgens Linda Grimbeek van die Kruger Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) onderhou inwoners van hierdie toerismedorp self al hul paaie en parke. Hulle is ook verantwoordelik vir die verwydering van hul eie riool en vullis. Die KLCBT…
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens benodig dringend bloed. Volgens Palesa Mazibuko van die Nelspruit-tak bereik hulle nie hul teikens om in die vraag na bloed en bloedprodukte te voorsien nie. Sy vra dat alle skenkers wat in aanmerking kom hul bloedskenk-inisiatief by die Grove-sentrum ondersteun op 30 September.
Die Suid-Afrikaanse Polisievakbond, SAPU, het sy pleidooi herhaal om polisiemoorde as hoogverraad te klassifiseer. Tussen April en Junie is 31 polisielede vermoor. Net die naweek is vier beamptes in KwaZulu-Natal, Gauteng, Mpumalanga en die Wes-Kaap vermoor. Onder hulle tel Sersant Nhlanhla Petros Sigage, wat aan Sigbare Polisiëring in Pienaar verbonde…
Action SA in Mpumalanga beskuldig die provinsiale gesondheidsdepartement dat hy nie sy onderneming om probleme aan te spreek by Shongwe-hospitaal by Malalane, gestand doen nie. Die provinsiale voorsitter van Action SA, Thoko Mashiane, sê die party sal oormôre saam met die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie besoek aflê by die hospitaal. Dít na…
19 Sep 2023 3AM
1 min
500 – 520
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.