
Mpumalanga Onderwysdepartement bid voor eindeksamen
Loading player...
Die Departement van Onderwys in Mpumalanga hou vanoggend 'n gebedsdag voor die matriekeindeksamen op 30 Oktober begin. Volgens 'n woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sal die diens in Badplaas verskillende geloofsorganisasies insluit. Hy sê hulle wens alle kandidate kalmte toe en hoop dat die eksamen sonder voorval sal verloop. Vanjaar sal 68-duisend-681 voltydse en 16-duisend-767 deeltydse matrikulante die eksamen in die provinsie aflê.