
Lewenslank vir man wat vriendin doodskiet
Loading player...
'n Man wat twee jaar gelede sy vriendin doodgeskiet het, is 'n lewenslange vonnis opgelê in die Hooggeregshof in Middelburg. Volgens die Mpumalanga polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, het Luthando Lungisa Zozo op 5 Oktoboer 2021 in Standerton vir Akhona Myolwa drie keer geskiet terwyl hulle in 'n motor gesit het. Hy het haar hospitaal toe geneem, maar sy is met haar aankoms dood verklaar. Zozo is borgtog geweier. Hy is in Junie skuldig bevind aan moord met voorbedagte rade. Hy is Maandag gevonnis.