
Binnelandse sake amptenaar moet 10 jaar sit vir bedrog met paspoorte in Witrivier
Loading player...
‘n Amptenaar van Binnelandse Sake is gister 10 jaar gevangenisstraf opgelê in die Witrivier-landdroshof vir bedrog. Nhlanhla Mathebula het teen vergoeding vals paspoorte vir buitelanders geprosseseer deur Suid-Afrikaanse burgers se identiteitsdokumente te gebruik. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, is hy ‘n addisionele drie jaar tronkstraf opgelê vir oortreding van die Wet op Immigrasie. Die vonnisse sal samelopend uitgedien word.