
Verdagte in hof wat glo dagga-olie vervaardig
Loading player...
'n Verdagte wat beskuldig word dat hulle dagga-olie by hul huis vervaardig het, verskyn vandag in die hof in Secunda. Die persoon is deur die Valke, met behulp van die Pretoria Forensiese Laboratorium, gearresteer. Volgens die Valke-woordvoerder in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, het hulle inligting ontvang en dieselfde dag ‘n lasbrief vir deursoeking en beslaglegging bekom. Daar is op vervaardigingstoerusting, chemikalieë en meer as 100-kilogram dagga beslag gelê.