
Polisiebeampte steek glo vrou in Barberton dood
Loading player...
'n 34-jarige polisiekonstabel verbonde aan Openbare Orde Polisiëring in Hazyview, verskyn na verwagting vandag in die hof, na hy glo sy vrou met ‘n bierbottel doodgesteek het by ‘n kuierplek in Barberton. Die voorval het in die vroeë oggendure van Dinsdag plaasgevind. ‘n Vrou wat tussenbeide probeer tree het, is ook beseer en hospitaal toe geneem vir mediese behandeling. Die verdagte is self ook beseer. Hy word aangekla van moord en poging tot moord. Die Onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat ondersoek die saak.