Die polisiekommissaris in Mpumalanga, Luitenant-generaal Semakaleng Manamela, sê die polisie werk hard om die verspreiding van onwettige vuurwapens hok te slaan. Dit volg op die arrestasie Maandag tydens Operasie Shanela van 'n verdagte op die N3-snelweg naby Grootvlei. Mthabisang Gagayi was 'n taxi-passasier en kon nie 'n vuurwapenlisensie toon vir…
'n 35-jarige voortvlugtige is Sondag heraangekeer na hy op 16 Desember uit die Carolina-hospitaal ontsnap het terwyl hy onder polisiebewaking was. Michael Madonsela is op 15 Desember deur polisie gearresteer na hulle hom van groepsgeweld moes red toe hy glo by ‘n huisbraak betrokke was. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald…
Twee verdagtes van 32 en 36 jaar oud verskyn vandag in die Nelspruit-landdroshof vir die beweerde inbraak by die huis van die Valke-hoof in Mpumalanga, Generaal-majoor Nico Gerber. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, is hulle Dinsdag aangekeer na ‘n ondersoek na die waardevolle items wat in…
Vier vriende wat Maandagaand deur 'n groep mans, wat hulle as wetstoepassers voorgedoen het, ontvoer is, is veilig gevind by ‘n huis in Vosloorus. Volgens die polisiewoordvoerder, Brigadier Athlenda Mathe, is hulle tussen Standerton en Trichardt deur 'n groep mans in 'n Polo met blou ligte ontvoer. Hulle is gevange…
Die DA in Emakhazeni beoog om die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering (Salga) te nader oor die ANC se hantering van ‘n mosie om die water- en elektrisiteitskrisis in Waterval-Boven en Belfast aan te spreek. Volgens DA-raadslid, Didi Hepburn, het die party verlede jaar die mosie ter tafel gelê, maar…
ActionSA in Mpumalanga sê vanoggend se blokkasie van die R573 Moloto-pad deur ontstoke inwoners kan voor die deur gelê word van die ANC wie se raadslede in Thembisile Hani-munisipaliteit in bykans 30 jaar geen vooruitgang vir inwoners bewerkstellig het nie. Die provinsiale voorsitter van ActionSA, Thoko Mashiane, voer aan president…
Die Mpumalanga Onderwysdepartement sê hy is gereed vir die heropening van skole volgende week. Die LUR, Bonakele Majuba, het die media vandag oor hul gereedheid ingelig.
'n Polisiebeampte sal binnekort in die hof verskyn na hy saam met 'n taverne-eienaar gearresteer is vir die beweerde diefstal van ‘n polisievuurwapen. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, het die 9-millimeter-pistool tussen 16 en 17 Desember by die Gemeenskaps-polisie-dienssentrum in Morgenzon verdwyn en het die polisiesersant dit…
‘n Toergids moes Vrydagoggend uit die Komatirivier in Komatipoort gered word, nadat sy voertuig meegesleur is. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, sê die 56-jarige toergids wat in Mosambiek werk, was op pad om gaste van Suid-Afrika op te laai toe hy oor 'n laagwaterbrug probeer ry het. Hy…
Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, doen ‘n beroep op alle padgebruikers om gedurende hierdie feestyd verantwoordelik op die paaie te wees. Dit volg na verskeie botsings Saterdagoggend 13 lewens geëis het. Die woordvoerder van die departement, Moeti Mmusi, vra dat motoriste dit vermy om die spoedgrens te…
Die Polisie in Mpumalanga het 'n deurbraak gemaak deur twee vermeende baasbreine agter 'n vlaag vragmotorkapings en rooftogte in die Calcutta-area in hegtenis te neem. Keabeletswe Mohlala (20) en Thulani Ngutshane (26) het gister in die Mkhuhlu-landdroshof verskyn. Volgens die polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, staar hulle sewe aanklagte van gewapende…
‘n Man wat van verskeie gewapende rooftogte aangekla word, het gister in die Nelspruit-landdroshof verskyn vir die kaping van ‘n koerier-voertuig in Mbombela in 2017. Die 29-jarige Zola Mnisi word reeds aangekla van ‘n transitoroof in Malalane in Augustus, ‘n gewapende roof in Witrivier in Julie en ‘n moord en…
Die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga sê 27 motoriste is tot dusver hierdie maand vir dronkbestuur in Mpumalanga aangekeer. Die woordvoerder, Moeti Mmusi, sê meer as 83-duisend voertuie is ook sedert 1 Desember nagegaan in die provinsie, as deel van hul Veiliger Feestyd-inisiatief.
Vyf mense het gistermiddag ‘n gru-ongeluk op die Kanyamazane-pad oorleef na ‘n ligte motorvoertuig in ‘n trompop botsing met ‘n gepantserde voertuig betrokke was. Die bestuurder van die Polo moes uit die wrak van sy kar gesny word, terwyl sy passasier uitgeslinger is. Daar was drie insittendes in die gepantserde…
Twee manlike verdagtes van onderskeidelik 18 en 19 jaar oud sal na verwagting vandag in die Balfour-landdroshof verskyn op 'n aanklag van moord. Dit volg op die ontdekking van die lewelose liggaam van 'n 15-jarige meisie Vrydagoggend langs 'n vervalle en onvoltooide huis in die Goede-afdeling. Volgens die polisiewoordvoerder in…
SANParke sal vanaf môre tot 16 Januarie kwotas op besoekers toepas. Die woordvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaahla, sê dit is om te verseker almal het ‘n aangename en veilige besoek. Besoekers is versoek om vooraf hul ingangstyd te bespreek. Phaahla sê hulle moet volumes tydens besige periodes bestuur. Hy…
‘n Amptenaar van die Departement van Hoër Onderwys het Dinsdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn nadat hy Maandag in Pretoria deur die Valke in hegtenis geneem is op ‘n aanklag van korrupsie. Lufuno Ashley Rambani is glo deur sy vriend, ‘n immigrasiebeampte Doktor Frank Machavha, genader om ‘n vrou te help…
Die DA in Thaba Chweu doen ‘n beroep op die LUR vir Samewerkende Regering, Mandla Msibi, om op te tree teen munisipale amptenare wat meer as 500-duisend-Rand bestee het vir 60 werknemers en raadslede om die Suider-Afrikaanse Inter-munisipale Werknemerwelstandsprogram in Botswana by te woon. Volgens Marius Opperman, ‘n DA-raadslid, is…
Twee vermeende transitorowers sal in Oktober in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela verhoor word. Fortune Matsane en Nkosinathi Khumalo staan tereg op aanklagte van moord, gewapende roof en besit van gesteelde eiendom. Volgens die Valke hou dit verband met ‘n roof wat op 16 April 2021 by ‘n vulstasie in…
Drie stropers is deur die Skukuza-streekhof tot 'n gesamentlike 22 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hulle in 2017 onwettig betrap is in besit van 'n vuurwapen met ammunisie in die Krugerwildtuin. Slegs die bestuurder het 'n permit gehad om in die park te wees. Norman Mogale is ses jaar tronkstraf opgelê…
10 Dec 2023 11PM
1 min
380 – 400
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.