
Vermeende inbreker terug in hof na ontsnapping uit hospitaal
Loading player...
'n 35-jarige voortvlugtige is Sondag heraangekeer na hy op 16 Desember uit die Carolina-hospitaal ontsnap het terwyl hy onder polisiebewaking was. Michael Madonsela is op 15 Desember deur polisie gearresteer na hulle hom van groepsgeweld moes red toe hy glo by ‘n huisbraak betrokke was. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, word sy ontsnapping krimineel en departementeel ondersoek. Madonsela het Dinsdag in die Carolina-landdroshof verskyn op ‘n klag van huisbraak. Die saak is tot 17 Januarie uitgestel.