
Drie stropers moet 22 jaar sit
Loading player...
Drie stropers is deur die Skukuza-streekhof tot 'n gesamentlike 22 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hulle in 2017 onwettig betrap is in besit van 'n vuurwapen met ammunisie in die Krugerwildtuin. Slegs die bestuurder het 'n permit gehad om in die park te wees. Norman Mogale is ses jaar tronkstraf opgelê. Sipho Ngomane en Nkosana Ndlovu moet elk 'n effektiewe agt jaar tronkstraf uitdien. ‘n Medebeskuldigde, Fanuel Ubisi, het vroeër skuld beken en is tot vier jaar gevonnis.