
Twee vas wat glo by Mpumalanga Valke-hoof se huis inbreek
Loading player...
Twee verdagtes van 32 en 36 jaar oud verskyn vandag in die Nelspruit-landdroshof vir die beweerde inbraak by die huis van die Valke-hoof in Mpumalanga, Generaal-majoor Nico Gerber. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, is hulle Dinsdag aangekeer na ‘n ondersoek na die waardevolle items wat in Desember gesteel is. Sekgotodi sê alles is teruggevind, sowel as items wat met ander huisbraaksake verbind word. Nog klagtes kan teen die verdagtes gevoeg word.