
Gru-ongeluk toe voertuig en gepantserde voertuig bots
Loading player...
Vyf mense het gistermiddag ‘n gru-ongeluk op die Kanyamazane-pad oorleef na ‘n ligte motorvoertuig in ‘n trompop botsing met ‘n gepantserde voertuig betrokke was. Die bestuurder van die Polo moes uit die wrak van sy kar gesny word, terwyl sy passasier uitgeslinger is. Daar was drie insittendes in die gepantserde voertuig. Volgens die woordvoerder van Emer-G-Med, Kyle van Reenen, is almal op die toneel gestabiliseer en hospitaal toe geneem.