
DA sê Thaba Chweu spandeer onwettige geld op ontspanning vir amptenare
Loading player...
Die DA in Thaba Chweu doen ‘n beroep op die LUR vir Samewerkende Regering, Mandla Msibi, om op te tree teen munisipale amptenare wat meer as 500-duisend-Rand bestee het vir 60 werknemers en raadslede om die Suider-Afrikaanse Inter-munisipale Werknemerwelstandsprogram in Botswana by te woon. Volgens Marius Opperman, ‘n DA-raadslid, is die besteding onlogies aangesien daar nie aan inwoners van Thaba Chweu dienste gelewer word nie en druis dit in teen tesourie-regulasies. Hy sê die munisipaliteit het n netto verlies van 164-miljoen-Rand in die vorige finansiële jaar gely.