
Mannejag van stapel gestuur na vlaag ontvoerings
Loading player...
Vier vriende wat Maandagaand deur 'n groep mans, wat hulle as wetstoepassers voorgedoen het, ontvoer is, is veilig gevind by ‘n huis in Vosloorus. Volgens die polisiewoordvoerder, Brigadier Athlenda Mathe, is hulle tussen Standerton en Trichardt deur 'n groep mans in 'n Polo met blou ligte ontvoer. Hulle is gevange gehou terwyl geld uit hul bankrekeninge onttrek is. 'n Mannejag is ook geloods na verdagtes wat betrokke was by soortgelyke voorvalle waar gesinne binne 'n week in Nelspruit, Hazyview en Standerton gevange gehou is.