
Twee mans gesoek na hulle meegesleur is deur riviere
Loading player...
‘n Toergids moes Vrydagoggend uit die Komatirivier in Komatipoort gered word, nadat sy voertuig meegesleur is. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, sê die 56-jarige toergids wat in Mosambiek werk, was op pad om gaste van Suid-Afrika op te laai toe hy oor 'n laagwaterbrug probeer ry het. Hy is deur polisieduikers en die weermag gered. Intussen word twee ander mans vermis nadat hulle ook meegesleur is. Een het dieselfde brug probeer oorsteek en die ander het glo in Kanyamazane in ‘n stroom ingehardloop ná 'n beweerde rusie by sy huis.