
Vermeende baasbrein-kapers in aanhouding
Loading player...
Die Polisie in Mpumalanga het 'n deurbraak gemaak deur twee vermeende baasbreine agter 'n vlaag vragmotorkapings en rooftogte in die Calcutta-area in hegtenis te neem. Keabeletswe Mohlala (20) en Thulani Ngutshane (26) het gister in die Mkhuhlu-landdroshof verskyn. Volgens die polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, staar hulle sewe aanklagte van gewapende roof in die gesig wat verband hou met die kaping van vragmotors op die R40 in November en Desember. Die saak is tot 27 Desember uitgestel vir 'n formele borgtogaansoek. Hulle bly in aanhouding.