
Amptenare in hof oor omkoopgeld vir sertifikaatdiploma wat vrou toekom
Loading player...
‘n Amptenaar van die Departement van Hoër Onderwys het Dinsdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn nadat hy Maandag in Pretoria deur die Valke in hegtenis geneem is op ‘n aanklag van korrupsie. Lufuno Ashley Rambani is glo deur sy vriend, ‘n immigrasiebeampte Doktor Frank Machavha, genader om ‘n vrou te help om haar diploma sertifikaat te bekom na sy sonder sukses daarvoor aansoek gedoen het. Machavha het egter 3-duisend-500-Rand gevra vir die guns. Hy het het die diploma oorhandig om geld te ontvang toe hy in hegtenis geneem is. Beide is borgtog van 5-duisend-Rand toegestaan. Die saak is tot 19 Januarie uitgestel.