
ActionSA blameer ANC vir inwoners wat Ramaphosa se roete versper
Loading player...
ActionSA in Mpumalanga sê vanoggend se blokkasie van die R573 Moloto-pad deur ontstoke inwoners kan voor die deur gelê word van die ANC wie se raadslede in Thembisile Hani-munisipaliteit in bykans 30 jaar geen vooruitgang vir inwoners bewerkstellig het nie. Die provinsiale voorsitter van ActionSA, Thoko Mashiane, voer aan president Cyril Ramaphosa moes die roete gebruik om die AmaNdebele te besoek as deel van die ANC se uitreikaksie na gemeenskappe voor sy 112-jaar verjaarsdagvieringe die naweek in Mbombela plaasvind.