100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,797 Episodes
660 – 680

Mpumalanga begin ondersoek na Mkhondo-munisipaliteit se finansies 

Die DA het die forensiese ondersoek verwelkom wat die provinsiale regering in Mkhondo-munisipaliteit van stapel gestuur het. Irene Brussow, die DA-koukusleier in die munisipaliteit, sê haar party en ander belanghebbendes vra al jare dat beweerde wanadministrasie en wangedrag ondersoek word. Die ondersoek is deur die LUR vir samewerkende regering, Mandla…
24 May 2023 6AM 1 min

Manzini maan motoriste om by padreëls te hou na busongeluk

Die waarnemende premier, Sasekani Manzini, het motoriste gemaan om by die padreëls te hou. Dit is na ‘n ongeluk gisteroggend waarin ‘n bus betrokke was wat kinders skool toe vervoer het. ‘n Minibus-taxi het glo ‘n ander voertuig probeer verbysteek toe dit kop-aan-kop teen die bus gebots het op die…
23 May 2023 5AM 1 min

Leerlinge ongedeerd na busongeluk in Acornhoek

Die waarnemende premier, Sasekani Manzini, het saam met die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, vandag Tsakane Spesiale Skool besoek na ‘n ongeluk gisteroggend waarin ‘n bus betrokke was wat kinders na die skool vervoer het. 'n Taxi het na bewering 'n ander voertuig probeer verbysteek toe dit kop-aan-kop…
23 May 2023 5AM 1 min

Skok na taxi teen skoolvervoer-bus bots in Mpumalanga

Die provinsiale regering het sy skok uitgespreek ook ‘n ongeluk gisteroggend waarin ‘n bus betrokke was wat kinders skool toe vervoer het in Mpumalanga. Volgens die onderwysdepartement het ‘n minibus-taxi ‘n ander voertuig probeer verbysteek toe dit kop-aan-kop teen die bus gebots het op die R40 in Acornhoek. Die bus…
23 May 2023 3AM 1 min

Action SA-lid verkla ANC-lid na beweerde aanranding by 'n begrafnis in Barberton

‘n Lid van Action SA het ‘n saak van aanranding geopen omdat hy na bewering Saterdag tydens 'n begrafnis in Barberton deur 'n ANC-lid aangerand is. Bonginhlanhla Khumalo was aanvanklik ‘n LGBTQ+-koördineerder vir die ANC, maar het intussen by Action SA aangesluit. Thoko Mashiane, die voorsitter van die party in…
22 May 2023 7AM 1 min

Mpumalanga wil die matriekslaagsyfer met 6-persentasiepunte verbeter

Die Mpumalanga Departement van Onderwys teiken vanjaar ‘n matriekslaagsyfer van 83-persent. Ten einde matrikulante te motiveer, bring die LUR, Bonakele Majuba, môre ‘n besoek aan graad 12-leerlinge in die Siyabuswa-distrik. ‘n Slaagsyfer van 76-komma-8-persent is verlede jaar in die provinsie behaal, wat self ‘n verbetering van 3-komma-2-persent was oor 2021…
22 May 2023 7AM 1 min

Drie in hof na man by drinkplek in Mpumalanga doodgesteek is

Drie verdagte begin vandag hul borgaansoek in die Carolina-landdroshof na hulle na bewering op 30 April ‘n man doodgesteek buite ‘n drinkplek. Volgens die polisie in Mpumalanga is die 23-jarige Sabelo Khumalo na 'n argument verskeie kere gesteek. Kwanele Khumalo, Khulekani Sibiya en Siyabonga Nkosi is verlede week aangekeer. Volgens…
22 May 2023 7AM 1 min

Solidariteit gaan binnekort die hof nader oor die Diensbillikheid-wet

Die vakbond Solidariteit sê sy regspan sal binnekort hofstukke indien in sy uitdaging van die Wysigingswet op Diensbillikheid wat president Cyril Ramaphosa in April as wet onderteken het. Die wet vereis dat werkgewers met meer as 50 personeellede diensbillikheidsplanne moet indien, wat spesifiseer hoe hulle die teikens sal bereik. Connie…
22 May 2023 5AM 1 min

Sewe van sekerheidsmaatskappy in Masoyi vasgetrek weens vuurwapens oortredings

Sewe werknemers van ‘n sekuriteitsmaatskappy het Vrydag in die hof verskyn op aanklagte dat hulle die Wet op die Beheer van Vuurwapens en die Regulering van die Private Veiligheidsbedryf (die sogenaamde Psira-wet) oortree het. Volgens die polisie word hulle ook aangekla van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Die…
22 May 2023 5AM 1 min

Statistieke SA dra by tot loodsprojek van e-leer-program in Mpumalanga

Statistieke Suid-Afrika het 7-duisend-500 tablette aan die Mpumalanga Onderwysdepartement geskenk om die Ubuhlebuzile e-leer-program in agt skole te loods. Dit is gister by “Acorns to Oaks” Sekondêr in Bosbokrand deur die Statistikus-Generaal, Risenga Maluleke, oorhandig en sal alle Graad 8 tot 12-leerlinge toegang gee tot leer met tegnologie. Calvin Molongoana,…
19 May 2023 5AM 1 min

DA bekommerd oor kragopwekkers by Mpumalanga-hospitale

Die ANC het gister in die provinsiale wetgewer teen ‘n DA-mosie gestem om te verseker dat elke gesondheidsfasiliteit in die provinsie ten minste een funksionerende kragopwekker het en dat hulle gereeld nagesien word. Dit volg na Middelburg-hospitaal die naweek ‘n kragopwekker moes leen om tydens beurtkrag te funksioneer nadat sy…
19 May 2023 5AM 1 min

Nuusberig: Twee keer lewenslank vir man wat vriendin en haar suster vermoor

Hlabirwa Rassie Nkune (37) is gister twee lewenslange vonnisse opgelê in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela. Dit is vir die dubbele moord, met voorbedagte rade, op sy vriendin Pretty Mazibuko (46) en haar suster, sers. Marcia Mazibuko (41) in Kanyamazane verlede jaar. Hulle is op 15 Mei 2022 doodgeskiet.
19 May 2023 4AM 2 min

Twee lewenslange vonnisse vir man wat vriendin en haar polisiebeampte suster doodskiet

Hlabirwa Rassie Nkune is gister twee lewenslange vonnisse opgelê in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela, vir die dubbele moord, met voorbedagte rade, op sy vriendin Pretty Mazibuko en haar suster, sersant Marcia Mazibuko in Kanyamazane verlede jaar. Marcia was ‘n polisiebeampte. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, Monica…
19 May 2023 2AM 1 min

Lekwa-burgemeester oorleef aanslag op sy lewe

Die burgemeester van Lekwa-munisipaliteit, Delani Thabethe, het gisteraand ‘n aanslag op sy lewe oorleef toe twee gewapende mans buite sy huis in Standerton op hom losgebrand het. Die polisie in Mpumalanga het bevestig dat hulle ‘n saak van poging tot moord ondersoek. Thabethe is nie getref nie. Volgens die woordvoerder,…
18 May 2023 7AM 1 min

Verdagtes vas wat glo selfoontoring-batterye steel

Die polisie in Tonga het Dinsdagaand 'n deurbraak gemaak toe hulle twee mans in besit van vier selfoontoring-batterye aangekeer het naby Komatipoort. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, is hulle bewus gemaak van 'n verdagte Nissan-bakkie wat by die geslote terrein van die toring teenwoordig was. Die twee Zimbabwiese burgers…
18 May 2023 5AM 1 min

Drie vermeende rowers gesoek in Acornhoek

Drie vermeende rowers moes Dinsdagaand vlug vanaf die toneel waar hulle 'n vrou in haar huis met 'n vuurwapen aangehou het, nadat sy die wapen by hulle afgeneem het. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het die voorval in Timbavati Trust in Acornhoek gebeur. Die reeksnommer van die…
18 May 2023 5AM 1 min

Skok na afsterwe van drie leerlinge in ongelukke in Bosbokrand

Die Mpumalanga Onderwysdepartement betreur die afsterwe van drie leerlinge in afsonderlike ongelukke in Bosbokrand gisteroggend. Volgens die woordvoerder, Gerald Sambo, is graad 11-seun dood toe hy deur ‘n bakkie getref is terwyl hy die R40 oorgesteek het. In Saselani het ‘n taxi wat ‘n ander voertuig verbygesteek het, beheer verloor…
17 May 2023 4AM 1 min

Nuusberig: Nkune skuldig aan dubbele moord

Hlabirwa Rassie Nkune (37) is gister deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela skuldig bevind aan die dubbele moord, met voorbedagte rade, op sy vriendin Pretty Mazibuko en haar suster, sers. Marcia Mazibuko verlede jaar in KaNyamazane. Nkune staan ook in Delmas tereg op die moord van ‘n ander vriendin. Moordklagtes…
17 May 2023 3AM 1 min

Man skuldig wat vriendin en haar polisievrou-suster in KaNyamazane vermoor

# Hlabirwa Rassie Nkune is gister deur die Mpumalanga Hooggeregshof skuldig bevind aan die dubbele moord, met voorbedagte rade, op sy vriendin Pretty Mazibuko en haar suster Marcia Mazibuko. Marcia was ‘n polisiebeampte. Hulle is in Mei verlede jaar in KaNyamazane doodgeskiet. Nkune het skuldig gepleit op die moordklagte, maar…
17 May 2023 3AM 1 min
660 – 680