
Sewe van sekerheidsmaatskappy in Masoyi vasgetrek weens vuurwapens oortredings
Loading player...
Sewe werknemers van ‘n sekuriteitsmaatskappy het Vrydag in die hof verskyn op aanklagte dat hulle die Wet op die Beheer van Vuurwapens en die Regulering van die Private Veiligheidsbedryf (die sogenaamde Psira-wet) oortree het. Volgens die polisie word hulle ook aangekla van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Die verdagtes is Donderdag in Masoyi aangekeer. Volgens polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, versky hulle weer op 20 Junie in die hof.