
Manzini maan motoriste om by padreëls te hou na busongeluk
Loading player...
Die waarnemende premier, Sasekani Manzini, het motoriste gemaan om by die padreëls te hou. Dit is na ‘n ongeluk gisteroggend waarin ‘n bus betrokke was wat kinders skool toe vervoer het. ‘n Minibus-taxi het glo ‘n ander voertuig probeer verbysteek toe dit kop-aan-kop teen die bus gebots het op die R40 in Acornhoek. Die bestuurder van die taxi is op die toneel dood verklaar. Die busbestuurder is beseer.