
Skok na afsterwe van drie leerlinge in ongelukke in Bosbokrand
Loading player...
Die Mpumalanga Onderwysdepartement betreur die afsterwe van drie leerlinge in afsonderlike ongelukke in Bosbokrand gisteroggend. Volgens die woordvoerder, Gerald Sambo, is graad 11-seun dood toe hy deur ‘n bakkie getref is terwyl hy die R40 oorgesteek het. In Saselani het ‘n taxi wat ‘n ander voertuig verbygesteek het, beheer verloor en in vier seuns ingeploeg. Twee broers is dood en twee leerlinge is beseer. Volgens die departement sal almal wat deur die tragedies geraak word, berading ontvang.