
Drie in hof na man by drinkplek in Mpumalanga doodgesteek is
Loading player...
Drie verdagte begin vandag hul borgaansoek in die Carolina-landdroshof na hulle na bewering op 30 April ‘n man doodgesteek buite ‘n drinkplek. Volgens die polisie in Mpumalanga is die 23-jarige Sabelo Khumalo na 'n argument verskeie kere gesteek. Kwanele Khumalo, Khulekani Sibiya en Siyabonga Nkosi is verlede week aangekeer. Volgens polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, het hulle Vrydag reeds in die hof verskyn.