
Solidariteit gaan binnekort die hof nader oor die Diensbillikheid-wet
Loading player...
Die vakbond Solidariteit sê sy regspan sal binnekort hofstukke indien in sy uitdaging van die Wysigingswet op Diensbillikheid wat president Cyril Ramaphosa in April as wet onderteken het. Die wet vereis dat werkgewers met meer as 50 personeellede diensbillikheidsplanne moet indien, wat spesifiseer hoe hulle die teikens sal bereik. Connie Mulder van Solidariteit sê die wet is ongrondwetlik en verleen drakoniese rassemagte aan die minister van Arbeid en Indiensneming.