
Man skuldig wat vriendin en haar polisievrou-suster in KaNyamazane vermoor
Loading player...
# Hlabirwa Rassie Nkune is gister deur die Mpumalanga Hooggeregshof skuldig bevind aan die dubbele moord, met voorbedagte rade, op sy vriendin Pretty Mazibuko en haar suster Marcia Mazibuko. Marcia was ‘n polisiebeampte. Hulle is in Mei verlede jaar in KaNyamazane doodgeskiet. Nkune het skuldig gepleit op die moordklagte, maar die hof het sy weergawe van Pretty se dood onvolledig gevind en die verhoor het voortgegaan. Volgens Monica Nyuswa van die Nasionale Vervolgingsgesag, verskyn hy vandag weer in die hof.