‘n Gedenkdiens vir die ses leerlinge van Môrelig-gekombineerde skool wat verlede week in ‘n botsing tussen ‘n trein en skoolbus dood is, word môre in Mafube gehou. Nog 19 kinders is beseer. Van hulle is ernstig beseer en is steeds in die hospitaal. Die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid sê sy…
Die DA in Mkhondo het ‘n beroep gedoen op die burgemeester, Ngelosi Ndhlovu, om dringend ‘n munisipale bestuurder en hoof finansiële beampte aan te stel. Dit volg na die termyne van die vorige twee op 31 Julie verstryk het, en die munisipaliteit geen stappe geneem het om die posisies te…
Die waarnemende polisiekommissaris in Mpumalanga, generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, het sy hartseer uitgespreek na ‘n man sy vrou en daarna homself vroeg vanoggend in Kabokweni buite Witrivier doodgeskiet het. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê hulle hou môre ‘n dag van gebed in Ermelo as deel van hul Vrouemaand-aktiwiteite. Die provinsiale…
Die DA in Mpumalanga dring daarop aan dat die provinsiale departemente van onderwys en openbare werke ‘n deeglike ondersoek loods na die ongeluk wat ses kinders geëis het toe ‘n skoolbus gister deur ‘n trein getref is. Die botsing het op die R104 by Mafube buite eNtokozweni plaasgevind. Die DA…
Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Jackie Macie, en die adjunkminister van Vervoer, Mkhuleko Hlengwa, besoek vandag die toneel waar ses skoliere gister hul lewens verloor het toe hul bus met 'n trein gebots het. Die ongeluk het by Mafube plaasgevind toe die bus glo die spoorlyn oorgesteek het. Die…
Die premier van Mpumalanga, Mandla Ndlovu, het tydens sy provinsiale rede vandag beloof om die provinsie in ‘n bouterrein te omskep en miljarde Rande aan infrastruktuur te bestee. Die DA in die provinsie het die aankondiging verwelkom. Die party se koukus-leier in die wetgewer, Bosman Grobler, sê hy het ook…
‘n Man wat aangekla word van die moord op ‘n polisiebeampte in Kamhlushwa verskyn Maandag weer in die Nkomazi-landdroshof. Die 34-jarige Konstabel Richard Thando Thani is Vrydagaand doodgeskiet. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, was hy was van diens af toe daar ‘n argument ontstaan het oor sy…
Joseph “Big Joe” Nyalungu, wat aangekla word weens sy beweerde betrokkenheid by ‘n renosterstropingsindikaat in Mpumalanga en Limpopo, is gearresteer vir oortreding van die Wet op Belastingadministrasie.
‘n Man wat aangekla word weens sy beweerde betrokkenheid by ‘n renosterstroping-sindikaat in Mpumalanga en Limpopo, is gearresteer vir oortreding van die Wet op Belasting-administrasie. Volgens die Valke het Joseph “Big Joe” Nyalungu en sy vrou, Dudu Alicia Mathumbu, in die Nelspruit-landdroshof verskyn. Hulle word saam met hul maatskappy, Mjingo…
Sewe vermeende ontvoerders het gister weer in die Kriel-landdroshof verskyn. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, het hulle verlede Maandag ‘n skoolkind ontvoer by ‘n hoërskool in Kriel deur voor te gee dat haar ma siek is en sy saam met hulle moet kom. Hulle…
Die DA het sy hoop uitgespreek dat die premier van Mpumalanga, Mandla Ndlovu, tydens sy provinsiale rede Woensdag aandag skenk aan die groeiende behuisingstekort in die provinsie, onafgehandelde infrastruktuurprojekte sowel as die ontbinding van agenstkappe soos MEGA en MRTT. Bosman Grobler, die DA koukus-leier in die wetgewer, sê steenkoolvragmotors op…
Drie renosterstropers is vonnisse van ‘n gekombineerde 104 jaar opgelê deur die Skukuza-streekshof. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, is Dominic Mnisi, Ayanda Ngomane en Lwazi Malambe skuldig bevind op 14 aanklagte. Mnisi en Malambe het in Desember 2017 in die Stolzneck-area van die Krugerwildtuin…
Die Spesiale Ondersoekeenheid, die Batebeslagleggingseenheid en die Valke het vandag beslag gelê op bates van meer as 52-miljoen-rand wat met die 2020/2021 Covid-19 beskermingstoerusting korrupsiesaak verband hou. Kaizer Kganyago het aan die SABC gesê 22 senior hoofde van die Departement van Openbare Werke in Mpumalanga, Gauteng, Noordwes en die Wes-Kaap is in…
Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Jackie Macie, betreur die dood van vier mense in 'n trompop botsing vanoggend. Volgens die departement het 'n ligte afleweringsvoertuig en sportnutsvoertuig op die R40 buite Hazyview gebots. Drie van die oorledenes was insittendes van die sportnutsvoertuig. Die bakkiebestuurder is ook dood. Die woordvoerder, Moeti…
Die Valke het gister saam met die Secunda honde-eenheid vyf Nigeriese burgers in Evander gearresteer vir handel in dwelms, inmenging met polisiepligte en oortreding van die Immigrasiewet. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kaptein Dineo Sekgotodi, is twee verdagtes is in hegtenis geneem vir handel in dwelms. Die…
# Drie verdagtes tussen die ouderdomme van 38 en 53 verskyn vandag in die Nelspruit-landdroshof vir die onwettige besit van olifanttande. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, is hulle gistermiddag by die Hall’s-vulstasie in Mbombela aangekeer na wetstoepassers gereageer het op inligting oor ‘n verdagte…
Die DA in Mpumalanga doen ‘n beroep op die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Jackie Macie, om ‘n tweede polisiestasie in Pienaar buite Mbombela op te rig. Dit volg op ‘n vlaag skokkende moorde waartydens vier vroue en kinders in soveel weke vermoor en begrawe of verbrand is. Volgens Teboho Sekaledi, die…
Die DA is verwelkom dat die Mpumalanga regering ingestem het om die dele van die provinsie wat die afgelope twee weke kwaai deur brande geraak is, as provinsiale rampgebiede te verklaar. Tersia Marshall van die DA sê hul versoek was sodat die grondeienaars wat skade gely het, regeringshulp kan ontvang…
Die DA is ontsteld dat meer as 17-duisend huishoudings in Mpumalanga steeds die emmertoiletstelsel gebruik. Volgens die 2022-sensusverslag wat in Junie deur Statistieke Suid-Afrika vrygestel is, het 'n verdere 24-duisend huishoudings glad nie toegang tot toilette nie. James Masango, die DA se woordvoerder vir Menslike Nedersettings, sê Mkhondo-, Nkomazi-, Bosbokrand-…
’n Man wat 36 jaar tronkstraf uitdien vir die moord op sy meisie is gister deur die Evander-landdroshof nog ’n effektiewe vonnis van 15 jaar opgelê vir bedrog. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kaptein Dineo Sekgotodi, het Sandile Kagiso Montsoe tussen April en Augustus 2016 meer as…
17 Jul 2024 8AM
1 min
180 – 200
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.