
DA vol hoop vir provinsiale rede
Loading player...
Die DA het sy hoop uitgespreek dat die premier van Mpumalanga, Mandla Ndlovu, tydens sy provinsiale rede Woensdag aandag skenk aan die groeiende behuisingstekort in die provinsie, onafgehandelde infrastruktuurprojekte sowel as die ontbinding van agenstkappe soos MEGA en MRTT. Bosman Grobler, die DA koukus-leier in die wetgewer, sê steenkoolvragmotors op toerisme-roetes en munisipaliteite se skuld aan Eskom en Rand Water is van die ander areas wat aandag moet geniet, sowel as ‘n tweede polisiestasie vir Pienaar en ‘n Skool vir Blindes en Dowes.