Die twee gesoekte verdagtes in verband met die moord op die oud-hoogspringkampioen, Jacques Freitag, is in hegtenis geneem. Shantelle Oosthuizen en die oudprokureur, Rudie Lubbe, was vir meer as 'n week voortvlugtend van die polisie. 'n Polisiewoordvoerder, Brigadier Brenda Muridili, het bevestig hulle is gisteroggend by 'n gastehuis in Sabie…
‘n 40-jarige man is op die N4 Schoemanskloof aangekeer na hy gistermiddag glo 199 kilometer-per-uur gery het in ‘n 100-kilometer sone. Hy het ‘n Volkswagen Golf 5 bestuur. Hy is aangekla van roekelose en nalatige bestuur. Hy is borgtog van 2-duisend-Rand toegestaan en sal binnekort in die Nelspruit-landdroshof verskyn. Die…
Die DA in Thaba Chweu eis dat die LUR vir Samewerkende Regering, Speedy Mashilo, ingryp om te verseker die groot gros vakante poste in die munisipaliteit word spoedig gevul. Marius Opperman, ‘n DA-raadslid, sê 130 poste is ongevul, ‘n groot toename sedert die vorige finansiële jaar. Dit sluit in finansies,…
Die DA het die LUR vir Landbou, Landelike Ontwikkeling, Grond en Omgewingsake, Nompumelelo Hlophe, gevra om dele van Mpumalanga tot rampgebied te verklaar, ten einde laaste hulp aan grondeienaars te verleen. Volgens die Laeveld-brandbeskermingsverening het 15 brande van Machadodorp en Kaapsehoop tot Bosbokrand en Witrivier die afgelope 12 dae sowat…
Die Laeveld-brandbeskermingsverening bereken dat 15 brande van Machadodorp en Kaapsehoop tot Bosbokrand en Witrivier die afgelope 12 dae sowat 15-duisend hektaar plantasies, plaasgrond en velde verwoes het. André Scheepers van Lefpa vra dat mense nie tot die stig van brande by dra nie.
Die KwaMhlanga-streekhof het die 43-jarige Gladstone Sipho Mahlangu tot 20 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir die moord op sy verloofde en poging tot moord op haar kêrel in 2019. Hy het lobola aan Siphiwe Mavis Mokoena se familie betaal en hulle het twee kinders saam. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder…
Twee bendelede is Vrydag deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela ‘n gekombineerde nege lewenslange vonnisse en 60 jaar tronkstraf opgelê vir veelvuldige moordsake. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het Sikhumbuzo Shaun Mpangane en Bonginkosi Shakoane tussen Desember 2020 en Junie 2021 in die Bosbokrand-area vermoor ses…
Die Fidelity ADT Leeus kon Vrydagaand in Mbombela tien drieë druk teen die Airlink Pumas om hulle met 75-21 pak slae te gee in die tweede ronde van die Curriebeker. Die Leeus het teen rustyd met 35-7 voorgeloop. Tapiwa Mafura kon ‘n driekuns behaal en Sam Francis het op sy…
Ashley Erasmus het gekwalifiseer om in gewigstoot deel te neem aan die Olimpiese Spele in Parys. Dié oud-leerling aan Hoërskool Nelspruit het by die onlangse Afrika-atletiekkampioenskappe in Kameroen die eerste Suid-Afrikaanse vrou geword om deur die 18-meter grens te breek. Haar wen-afstand van 18,17-meter het die vorige SA-rekord van 17,88-meter…
Die DA in Mpumalanga het ‘n brief gerig aan die LUR vir Onderwys, Cathy Dlamini, om ‘n plan op te stel oor hoe leerlinge wat vir drie weke skool misgeloop het weens protesaksie oor dienslewering, hul skoolwerk gaan opvang. Annerie Weber, ‘n lid van die wetgewer en die DA se…
‘n Vrou wat haarself as ‘n werknemer van die Kabokweni-verplegingskollege voorgedoen het en voornemende student besteel het, is tot agt jaar tronkstraf, opgeskort vir vyf jaar, gevonnis. Die 50-jarige Nomthandazo Matsane is gister deur die Hof vir Gespesialiseerde Handelsmisdade in Nelspruit skuldig bevind aan bedrog. Volgens die Valke het sy…
Die Airlink Pumas sê môre by Mbombela-stadion die Fidelity ADT Leeus die stryd aan in hul eerste tuiswedstryd van vanjaar se Curriebeker-toernooi. Die 2022-kampioene het die afgelope naweek die Griekwas laat les opsê in Kimberley en speel nou drie wedstryde tuis. Die Leeus, daarteenoor, moes hard werk vir hul een-punt-oorwinning…
Die Laeveld-brandbeskermingsvereniging sê hulle bestry nog vyf brande. Volgens André Scheepers van Lefpa is drie van hulle brande wat hulle reeds sedert ten minste gister stoei om onder beheer te kry, en twee het nuut ontstaan. Die brandgevaar-indeks vir vandag in die Laeveld is oranje, wat dit baie gevaarlik maak…
Die LUR vir Onderwys in Mpumalanga, Cathy Dlamini, skop môre by MC Zitha Sekondêr in Nkomazi haar departement se Mandelamaand-vieringe af. Die tema waaronder dit vanjaar gevier word is: “Dit is in ons hande om armoede en ongelykheid te beveg.” ‘n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê amptenare sal,…
# AfriForum se buurtwagte in Witrivier, Machadodorp en Mbombela help sedert die naweek om die verwoestende brande wat reeds meer as 4-duisend-500-hektaar se plantasies en makadamiaboorde vernietig het te beveg – in samewerking met die Laeveld-brandbeskermingsvereniging en gemeenskapslede. Arlo van Heerden, AfriForum se streekskoördineerder vir die Mpumalanga Laeveld, benadruk dat…
'n Voormalige plaasbestuurder van Hazyview is gister deur die Nelspruit Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof skuldig bevind op 20 aanklagte van bedrog van meer as R4,4 miljoen. Kenneth Keletso Chiloane moes in 2012 Koeltehuis se geelvlootbesigheid bestuur wat toerusting gelewer het aan Komani. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in…
Die DA doen ‘n beroep op die nuut-aangestelde LUR vir Samewerkende Regering in Mpumalanga, Speedy Mashilo, om die Victor Khanye-munisipaliteit (in Delmas) onder administrasie te plaas. Diane Bath, die DA koukusleier, sê dit het aan die lig gekom dat die provinsiale tesourie die munisipaliteit se finansies fyn dophou, na sy…
Die Laeveld-brandbeskermingsvereniging sê hulle stoei vanoggend om twee veldbrande onder beheer te kry. Volgens André Scheepers van Lefpa woed een tussen Witrivier en Sabie en Hazyview en die ander in die Badplaas-Kaapsehoop-Ngodwana-area. Hy sê die wind waai nog kwaai in areas, wat hul taak aansienlik bemoeilik. Saam met droë, warm…
Die Pumas het die Curriebeker die naweek afgeskop met 'n sege oor die Griekwas van 44-24 in Kimberley. Hul eerste tuiswedstryd is hierdie Vrydag by Mbombela-stadion teen die Leeus. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, sê die Puma-span begin nou vorm aanneem en die Leeus het die kompetisie self op 'n wennoot afgeskop:…
Rugby: Die Premiers-afdeling van die Curriebeker het die naweek afgeskop, met die Airlink Pumas wat die Griekwas Vrydag 44-24 in Kimberley geklop het. Die Leeus het met 26-25 oor die Haaie geseëvier in Durban. Die Cheetahs kon 82 punte aanteken teen die Griffons in Bloemfontein wat 20 op die bord…
8 Jul 2024 5AM
1 min
200 – 220
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.