
Vermeende dwelmhandelaars in Evander aangekeer
Loading player...
Die Valke het gister saam met die Secunda honde-eenheid vyf Nigeriese burgers in Evander gearresteer vir handel in dwelms, inmenging met polisiepligte en oortreding van die Immigrasiewet. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kaptein Dineo Sekgotodi, is twee verdagtes is in hegtenis geneem vir handel in dwelms. Die eienaar van die huis is gearresteer toe hy met die polisie se pligte ingemeng het. Nog twee verdagtes het nie paspoorte of permitte gehad om in die land te wees nie. Hulle sou vandag hul eerste hofverskyning maak.