
Polisiekonstabel doodgeskiet in Kamhlushwa
Loading player...
‘n Man wat aangekla word van die moord op ‘n polisiebeampte in Kamhlushwa verskyn Maandag weer in die Nkomazi-landdroshof. Die 34-jarige Konstabel Richard Thando Thani is Vrydagaand doodgeskiet. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, was hy was van diens af toe daar ‘n argument ontstaan het oor sy selfoon. Nog ‘n man wat nie geïdentifiseer is nie, is noodlottig gewond en twee mans wat gewond is word in die hospitaal behandel. Leonard Manzini staar twee moordklagte sowel as twee aanklagte van poging tot moord in die gesig. Hy bly in aanhouding.