
Sewe vermeende ontvoerders verskyn in Kriel-hof
Loading player...
Sewe vermeende ontvoerders het gister weer in die Kriel-landdroshof verskyn. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, het hulle verlede Maandag ‘n skoolkind ontvoer by ‘n hoërskool in Kriel deur voor te gee dat haar ma siek is en sy saam met hulle moet kom. Hulle het ‘n losprys van 200-duisend-Rand by die dogter se ma, ‘n sakevrou, geëis. Hulle is intussen in Vosloorus en Kriel gearresteer. Die saak is uitgestel tot Vrydag vir die beskuldigdes om regsverteenwoordiging te bekom.