
Renpsterstropers swaar gevonnis
Loading player...
Drie renosterstropers is vonnisse van ‘n gekombineerde 104 jaar opgelê deur die Skukuza-streekshof. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, is Dominic Mnisi, Ayanda Ngomane en Lwazi Malambe skuldig bevind op 14 aanklagte. Mnisi en Malambe het in Desember 2017 in die Stolzneck-area van die Krugerwildtuin twee renosters gestroop en Mnisi en Ngomane het in Oktober 2019 ‘n renoster gestroop in die Malelane-seksie.