Gesondheidminister Esperance Luvindao het aangekondig dat die ministerie besig is om die laboratoriumbeleid op te dateer om laboratoriumdienste en -tegnologie te bevorder. Sy het by die 2025 Namibiese laboratoriumwetenskap-kongres die belangrike rolle van aptekers en laboratoriumpersoneel in ingeligte besluitneming uitgelig. Sy het die publiek aangespoor om te fokus op die…
Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het inwoners wat onder vloedlyne woon langs die Vaalrivier, stroomaf van die Vaaldam en die Bloemhofdam, gewaarsku laagliggende gebiede bly kwesbaar. Dit is as gevolg van die sluise van albei damme wat oopgemaak is om watervlakke te bestuur. Majodina het inwoners versoek…
Inligtingminister Emma Theofelus het die jongste kabinetsbesluite bekendgemaak na hul tweede vergadering op 8 April. Die kabinet het onder andere die aankondiging van die 2025-jagseisoen van 1 Mei tot 31 Augustus vanjaar goedgekeur.
President Donald Trump se tariewe en sy ommekeer ter elfder uur lok steeds reaksie uit. Professor Jannie Rossouw van die Wits Sakeskool sê die tipe gedrag skep baie onsekerheid, selfs vir produsente. Hy glo onderhandelings, veral deur Suid-Afrika, sal tot voordeel van die hele streek wees.
Reaksie is ontvang op vervoerminister Veikko Nekundi se besluit om passasierpermitte vir net twee jaar geldig te maak, en net uit te reik aan die individu en voertuig wat se besonderhede aan die ministerie verskaf is. Die permitte was tot nou toe onbepaald geldig en talle permithouers het dit uitverhuur…
Die Pluimvee Produsente Vereniging het onlangs sy ledevergadering gehou. Plaaslike produksie gaan van krag tot krag en kan in die plaaslike mark se eier-aanvraag voldoen. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Louis Kleynhans, die vereniging se voorsitter, wat meer inligting gee.
Aanhoudende bewerings van korrupsie in die verdedigingsministerie, veral onder die banier van die omstrede August 26 Holding Company, het in die Nasionale Vergadering opgeduik. Die AR-beweging se leier, Job Amupanda, het kennis gegee van vrae wat hy aan verdedigingsminister Frans Kapofi sal stel oor die kwessie.
Die IPC se voormalige segsman, Imms Nashinge, is deur die party aangewys as die leier van die amptelike opposisie in die parlement. Die belangrike amp kom met groot verantwoordelikhede en ook aansienlike voordele. Nashinge het na die aankondiging hom so uitgespreek.
Universal Studios beplan om sy eerste temapark in Europa in Bedfordshire, Engeland, op te rig. Die park sal in 2031 sy hekke oopgooi as die grootste toeriste-aantreklikheid in Brittanje, en sal na verwagting in sy eerste jaar 8,5-miljoen besoekers lok. Universal het reeds temaparke in Orlando en Los Angeles in…
Die IPC-president Panduleni Itula het uiteindelik die kwessie van wie die leier van die amptelike opposisie in die parlement sal wees, opgelos. Dit is omdat hy self nie na die Nasionale Vergadering gaan nie. Hy het op 'n dringende perskonferensie burokrate gekritiseer omdat hulle probeer voorskryf hoe die party bestuur…
Zimbabwe het begin met vergoedingsbetalings aan voormalige plaaseienaars kragtens die Global Compensation Deed wat in 2020 onderteken is. Daar is tot op hede 740 plase goedgekeur vir vergoeding, met die regering wat reeds ongeveer 59,3-miljoen Namibiese dollar uitbetaal het vir die eerste verwerkte 378 plase. Die Zimbabwiese finansminister, Mthuli Ncube,…
Sokker: Aston Villa se hoofafrigter, Unai Emery, glo sy spelers kan volgende week 'n terugkeer maak in die tweede kragmeting in hulle Kampioeneliga-kwarteindstryd teen Paris Saint-Germain. PSG het Villa in hul eerste ontmoeting in Parys 3-1 geklop. Barcelona het Borussia Dortmund intussen in 'n tuiswedstryd 4-0 verslaan om die voortou…
Die ANC sê hy gaan voort om te bewys hy is gereed om met alle parlementêre rolspelers te beraadslaag wat op nasionale belang, openbare aanspreeklikheid en die bevordering van ekonomiese herstel fokus. Die party se onderhandelingspan onder leiding van sekretaris-generaal Fikile Mbalula het met ActionSA vergader om die dooiepunt oor…
Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie Tedros Adhanom Ghebreyesus sê die pandemie verdrag sal ‘n raamwerk daarstel vir die oordrag van kennis en vaardighede sowel as die ontwikkeling van tegnologie vir ontwikkelende lande om entstowwe en meer te vervaardig. Dit kom na die oneweredige verspreiding van entstof tydens die Covid-pandemie.
Donald Trump se tariewe laat nasies skarrel om 'n pad vorentoe te vind. China het sy tariewe op Amerikaanse goedere tot 84 persent verhoog, na 'n 104 persent Amerikaanse tarief op Chinese invoere wat Trump weer opgestoot het na 125 persent. Die Europese Unie beplan om 25 persent-tariewe op Amerikaanse…
Ploteienaars by Many Hills net wes van die hoofstad se kommer verdiep met grond wat beset word deur lede van die Khomanin wat meen dit is hulle voorvaderlike grond. Plakkershuise word net buite grensdrade van plotte opgerig en hulle eis dat die grond aan hulle toegeken moet word. Die eienaar…
Die 2024 loonopname van die Landbou Werkgewersvereniging toon 'n 7 persent verhoging in totale maandelikse vergoeding vir plaaswerkers op kommersiële plase, wat gemiddeld 4 391 Namibiese dollar en 20 sent beloop. Monetêre betaling het tot 2 931 dollar 28 sent gestyg, wat 14 persent hoër is as in 2022, terwyl…
Die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab, het die hoofrede by die Cirrus-beleggerskonferensie gelewer. Hy het in sy toespraak gekyk na die stand van die Namibiese ekonomie en die huidige wêreldwye handelsspanning, wat die land se ekonomiese vooruitsigte sal beïnvloed. Naufiku Hamunime, die bank se waarnemende direkteur van…
Alles is gereed vir die MK-party se landwye viering van sy stigter, oudpresident Jacob Zuma, se 83ste verjaarsdag Saterdag. Die party het politieke byeenkomste en programme in al die provinsies gereël ter ere van sy bydrae tot Suid-Afrika se vryheidstryd. MK se woordvoerder, Nomahlubi Radebe, sê Zuma gaan in KwaZulu-Natal…
10 Apr 5AM
1 min
200 – 220
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.