
Daar's geleenthede in die omstrede tariewe
Loading player...
Donald Trump se tariewe laat nasies skarrel om 'n pad vorentoe te vind. China het sy tariewe op Amerikaanse goedere tot 84 persent verhoog, na 'n 104 persent Amerikaanse tarief op Chinese invoere wat Trump weer opgestoot het na 125 persent. Die Europese Unie beplan om 25 persent-tariewe op Amerikaanse goedere te hef, terwyl Kanada 'n 25 persent-tarief op sekere voertuiginvoere uit die VSA ingestel het. Van die tariewe is intussen vir 90 dae opgehef. Max Rix, die beleggingshoof by Simonis Storm, gee 'n ontleding van die situasie.