
Amupanda wil by minister weet oor beweerde August 26-korrupsie
Loading player...
Aanhoudende bewerings van korrupsie in die verdedigingsministerie, veral onder die banier van die omstrede August 26 Holding Company, het in die Nasionale Vergadering opgeduik. Die AR-beweging se leier, Job Amupanda, het kennis gegee van vrae wat hy aan verdedigingsminister Frans Kapofi sal stel oor die kwessie.