Kabinet keur jagseisoen van 1 Mei tot 31 Augustus goed

Loading player...
Inligtingminister Emma Theofelus het die jongste kabinetsbesluite bekendgemaak na hul tweede vergadering op 8 April. Die kabinet het onder andere die aankondiging van die 2025-jagseisoen van 1 Mei tot 31 Augustus vanjaar goedgekeur.
10 Apr 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Aanlyn inkopies toenemend kuberboewe se teiken

Kenners waarsku dat bankkaart-bedrogsindikate toeneem en niksvermoedende verbruikers teiken. Misdadigers gebruik kubermisdaad om toegang tot persoonlike data en bankrekeninge te verkry. World Wide Worx moedig reisigers en kopers aan om waaksaam te bly aangesien bedrieërs aanlyn inkopiegewoontes uitbuit. Athaly Khan van Standard Bank, het gewaarsku teen vals advertensies oor aanlyn…
20 Apr 12AM 1 min

AfriForum Jeug eis deursigtigheid oor beweerde sangoma-seremonie

AfriForum Jeug eis toegang tot die Noordwes-Universiteit se volledige ondersoekverslag oor die ontwrigting in die Eikenhof-vrouekoshuis verlede Sondag. Dit volg ná bewerings van 'n sangoma-seremonie in die koshuis, met studente wat ontstellende gille gerapporteer het. Die universiteit het intussen die bewering ontken, maar Yvonne Gerber van AfriForum vra egter 'n…
19 Apr 5AM 1 min

Kragopwekkers moet geregistreer word, sê CoW

Die Stad Windhoek het aangekondig dat alle ingeboude kragopwekkers geregistreer moet word, insluitend bystandopwekkers en sonkrag-fotovoltaïse stelsels. Die verpligte proses is om veiligheid te verseker, onstabiliteit in die kragnetwerk te voorkom en toerusting te beskerm. Kragopwekkers bo 500 kilovolt-ampere moet ook ingevolge die Elektrisiteitswet 'n opwekkingslisensie indien. Kosmos 94.1 Nuus…
19 Apr 5AM 1 min

Rundu kry voorafbetaalde water

Rundu se plaaslike owerheid het vandeesweek voorafbetaalde watermeters op die dorp ingestel. Dié owerheid het miljoene Namibiese dollar se agterstallige skuld by NamWater omdat inwoners nie hul waterrekeninge vereffen nie. Die nuwe stelsel is ‘n belegging van 6,9 miljoen Namibiese dollar. Die goewerneur van die Kavango-Oos-streek, Julius Hambyuka, het die…
19 Apr 4AM 1 min

SA hof stop uitsettings van studente

Die Hooggeregshof in Mthatha het die uitsettings van studentekoshuise by die Walter Sisulu Universiteit gestaak. Dit volg nadat die kampusbestuur die studente opdrag gegee het om teen 16:00 Vrydagmiddag die perseel te ontruim. Die uitsettingsbevel volg in die nasleep van gewelddadige studentebetogings wat Dinsdagoggend uitgebreek het en tot die dood…
19 Apr 3AM 1 min