Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
140 – 160

Ekonoom sê oor Nambiese handel en tariewe

Die omstrede handelstariewe van Amerika se president Donald Trump geld nie vir skootrekenaars, slimfone en ander elektroniese toestelle nie. Namibië se handelsminister Selma Ashipala-Musavyi en haar span is besig met onderhandelinge met die Amerikaanse ambassade in die land oor die ander tariewe tydens die grasietydperk van 90 dae. Kosmos 94.1…
14 Apr 12AM 1 min

Swak rand vee lae olieprys voordeel weg

In die buurland skryf ontleders die afgelope week se swak vertoning van die rand toe aan die impak van politieke onsekerheid in Suid-Afrika en kommer dat die regering van nasionale eenheid kan skeur. Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper meen egter politieke onsekerheid het min daarmee te doen. Kosmos 94.1 Nuus het…
14 Apr 12AM 1 min

Namcor vergader met publiek oor Venus-ontwikkeling

Namcor voer saam met Qatar Energy, Total Energies en Impact Oil and Gas 'n omgewings- en sosiale impakstudie uit vir die voorgestelde ontwikkeling van die Venus-ontdekking in Blok 2913B aflandig die Namibiese suidkus. Namcor sal openbare vergaderings in verskeie dorpe aanbied om met gemeenskappe te skakel. Die vergaderings het op…
13 Apr 11PM 1 min

McIlroy word sesde speler met Grand Slam loopbaan

Die wêreld se nommer twee, Rory McIlroy, het Justin Rose van Engeland in ʼn uitspeelronde geklop om die Meesters by Augusta National in Georgia te wen en sy loopbaan-Grand Slam te behaal. Die Noord-Ierse speler het ʼn voëltjie op die eerste putjie van die valbylronde aangeteken om sy vyfde Major…
13 Apr 11PM 1 min

Boere, polisie vergader oor veediefstal

NamPol het 'n vergadering met boereverenigings in Outjo en die omgewing gehou na 51 bees naby Outjo gesteel en sommige wreed geslag is. Veediefstal vind egter gereeld plaas en groot aantalle bees is al voorheen in die omgewing gesteel. Die onderhoof van NamPol, generaal-majoor Elias Mutota, het ook in Otjiwarongo…
13 Apr 6AM 1 min

Ongeregistreerde spazawinkels in SA 'n euwel

Forum for South Africa sê die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa en die regering van nasionale eenheid moet ongeregistreerde spazawinkels onmiddellik sluit. Indien nie, moet hulle weens pligsversuim in hul persoonlike hoedanigheid aanspreeklik gehou word. ʼn Agtjarige seun van Mapetla, Soweto, het in die hospitaal beland…
13 Apr 5AM 1 min

Katy Perry mik vir die sterre

Die popster Katy Perry vertrek môre op Blue Origin se New Shepherd-vuurpyl na die ruimte. Sy is deel van ‘n span wat net uit vroue bestaan en ook die CBS Mornings-aanbieder, Gayle King, Lauren Sanchez, die Blue Origin-eienaar Jeff Bezos se verloofde, die voormalige Nasa-vuurpylwetenskaplike, Aisha Bowe, die menseregteaktivis, Amanda…
13 Apr 4AM 1 min

Tekort aan verpleërs in SA 'n 'ramp'

Die Demokratiese Verpleegorganisasie van Suid-Afrika, Denosa, sê die tekort aan verpleegkundiges in die land is niks minder as 'n rampspoedige krisis nie. Die organisasie se kommentaar volg nadat die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, die werwing van slegs 200 verpleegkundiges in die openbare gesondheidsorgstelsel aangekondig het. Denosa se woordvoerder, Sonia…
13 Apr 3AM 1 min

DA praat met ANC oor BTW-middeweg

Die DA sê sy onderhandelingspan het met 'n afvaardiging van die ANC in Johannesburg vergader. Die beraadslagings volg in die nasleep van die onlangse geskil oor die nasionale begroting se fiskale raamwerk, wat 'n een-persent BTW-verhoging oor twee jaar behels. Die DA se woordvoerder, Helen Zille, sê die party herhaal…
13 Apr 2AM 1 min

Meeste werkgewers betaal wel hoër minimumloon

Bykans 87 persent van werkgewers wat deur inspekteurs van die arbeidsministerie besoek is, voldoen aan die vereistes vir die nuwe minimumloon. ‘n Minimumloon van 18 Namibiese dollar per uur geld sedert die begin van die jaar, buiten vir huis- en plaaswerkers, asook sekuriteitswagte. Die woordvoerder van die arbeidsministerie, Maria Hedimbi,…
13 Apr 1AM 1 min

G20-beraad: EFF vies oor Trump se reaksie

Die EFF sê hy neem kennis van ʼn plasing op sosiale media waarin president Donald Trump van Amerika sê hy het sy bedenkinge oor die bywoning van die G20-beraad in Suid-Afrika. ʼn Woordvoerder, Sinawo Thambo, sê Trump voer grondgrype en volksmoord as rede aan en het ʼn video geplaas van…
13 Apr 12AM 1 min

Otjimbingwe kommunale boere kry knopvelsiekte-instruksies

Die beweging van vee in en uit die Otjimbingwe kommunale gebied word beperk na 'n knopvelsiekte-geval op 2 April bevestig is. Volgens dieregesondheidsregulasies is die gebied onder kwarantyn en alle beeste moet ingeënt word. Verdagte gevalle moet aangemeld word, aangesien knopvelsiekte 'n aanmeldbare siekte is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels…
12 Apr 6AM 1 min

AU Jeugspele strook met regering se ondersteuning van sport: Balotti

Namibië sal die 11de uitgawe van die Afrika-unie Sportraad se Streek 5 Jeugspele van 4 tot 13 Julie in Windhoek en Swakopmund aanbied. Tydens die bekendstelling van die spele Vrydag het die adjunkminister van sport, Dino Ballotti, die belangrikheid van sport vir president Netumbo Nandi-Ndaitwah se administrasie beklemtoon.
12 Apr 6AM 1 min

Samesmelting van Pep, Big Daddy, OK furniture 'voordelig vir almal'

Die Namibiese Mededingingskommissie het 'n openbare konferensie oor die voorgestelde samesmelting van Pep Stores, Big Daddy en JD Financial, sowel as OK Furniture aangebied. Rolspelers en belanghebbendes kon voorleggings oor die voorgestelde samesmelting maak. Die ondernemings se senior advokaat, Jerome Wilson, het die konferensie toegespreek oor die voordele van 'n…
12 Apr 5AM 1 min

Ngurare lê klem op geen korrupsie, nepotisme in ministeries

Eerste minister Elijah Ngurare het uitvoerende direkteure aangespoor om onnodige burokrasie uit te skakel en praktiese, proaktiewe bestuur te prioritiseer. Tydens sy eerste vergadering met direkteure het hy beklemtoon dat Namibiërs billike en gehaltediens eis, nie gunste nie. Hy het nepotisme, korrupsie en begunstiging in werwings- en verkrygingsprosesse veroordeel en…
12 Apr 4AM 1 min

Cosatu, internasionale vakbonde vra demokrasie in Eswatini

Cosatu sê hy het by miljoene werkers en mense reg oor die wêreld aangesluit om vir 'n demokratiese bestel in Eswatini te vra. Dis vandag die 52ste herdenking van die 1973-dekreet wat politieke partye verban en amptelik alle politieke aktiwiteit in die land verbied. Cosatu-woordvoerder Zanele Sabela sê die vakverbond…
12 Apr 4AM 1 min

EU kondig N$280 miljoen belegging in HyIron-Oshivela projek aan

Die baanbreker HyIron-Oshivela aanleg naby Arandis is Vrydag amptelik geopen. Die fasiliteit gebruik groenwaterstof om direk verminderde yster te vervaardig, wat bydra tot die wêreldwye groenenergie-omwenteling. Daar word beplan om in die eerste projekfase 15 000 ton direk verminderde yster jaarliks te vervaardig. Die Europese Unie het onderneem om sowat…
12 Apr 2AM 1 min

Bulle het 6 Bokke op die bank vir Edinburgh

Rugby: Ruan Nortjé en Cameron Hanekom is terug in die Bulle se opdrafspan vir vanmiddag se Uitdaagbeker-kwarteindstryd teen Edinburgh in Skotland, nadat hulle verlede naweek teen Bayonne op die bank was. Die Springbokhaker Johan Grobbelaar is ook op die bank saam met Johan Goosen en Canan Moodie, en ander Springbokke…
12 Apr 2AM 1 min

Ma kry opgeskorte vonnis na sy haar kinders vergiftig

’n Ma van Dunnottar in Nigel is tot agt jaar tronkstraf gevonnis, opgeskort vir vyf jaar, nadat die Hooggeregshof in Pretoria haar skuldig bevind het aan die moord op haar 16-jarige seun en ’n poging tot moord op haar sewejarige dogter. In Junie 2022 het die vrou rottegif in haar…
12 Apr 1AM 1 min

Copps 94.1-span help siek kleuter, stop bakleierye

Die Copps 94.1-span het 'n woelige aand in die hoofstad beleef, met alles van nood-gesondheidsdiens vir 'n 4-jarige kleuter, tot huismoles op die spyskaart. Francois Lottering was aan diens en gee die besonderhede.
12 Apr 12AM 1 min
140 – 160