
Ongeregistreerde spazawinkels in SA 'n euwel
Loading player...
Forum for South Africa sê die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa en die regering van nasionale eenheid moet ongeregistreerde spazawinkels onmiddellik sluit. Indien nie, moet hulle weens pligsversuim in hul persoonlike hoedanigheid aanspreeklik gehou word. ʼn Agtjarige seun van Mapetla, Soweto, het in die hospitaal beland nadat hy versnaperinge by ʼn spazawinkel gekoop het. Die forum se leier, Tebogo Mashilompane, sê Hlabisa reageer nou omdat daar ʼn nuwe saak is, maar sy moes vroeër daarteen opgetree het: