DA praat met ANC oor BTW-middeweg

Loading player...
Die DA sê sy onderhandelingspan het met 'n afvaardiging van die ANC in Johannesburg vergader. Die beraadslagings volg in die nasleep van die onlangse geskil oor die nasionale begroting se fiskale raamwerk, wat 'n een-persent BTW-verhoging oor twee jaar behels. Die DA se woordvoerder, Helen Zille, sê die party herhaal sy standpunt dat 'n BTW-verhoging onbekostigbaar is in die afwesigheid van betekenisvolle hervorming om ekonomiese groei te verhoog en werk te skep:
13 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Eerste minister klap sweep oor dienslewering, noodreaksie

Eerste minister Elijah Ngurare het 'n beroep gedoen op 'n volledige hersiening van openbare dienslewering. Ngurare het die belangrikheid van aanspreeklikheid, prestasiebestuur en noodgereedheid beklemtoon en sê dat die regering se reaksie vinnig en doeltreffend moet wees. Hy sê gemeenskappe moet voordeel trek uit regeringsbronne.
15 Apr 10AM 1 min

Wat's so spesiaal aan Mushokabanji as Meatco HUB: Venaani in NV

Die herrie oor die heraanstelling van Mwilima Mushokabanji as Meatco se uitvoerende hoof het in die parlement gaan draai. Die opdrag van die kabinet na die raad nie sy termyn hernu het nie, is wyd veroordeel. Voormalige landbouminister Calle Schlettwein het ook gewaarsku oor die heraanstelling, want gedurende sy termyn…
15 Apr 10AM 1 min

B2Gold besing Antelope-myn se potensiaal

Die hoofbestuurder van B2Gold, Eric Barnard, sê die maatskappy het verlede jaar 8,89 miljard Namibiese dollar verdien van 198 000 onse goud. Tot op hede is 138 mense afgedank en teen die einde van die jaar sal slegs 400 uit 700 personeel op die Otjikoto-myn in diens wees. Ten spyte…
15 Apr 10AM 1 min

Werkloosheidsprotes-betogers kry werk: Amushelelo

Die aktivis Michael Amushelelo het 'n opdatering gegee oor sy werkloosheidsprotes van 21 Maart verlede jaar. Na die protes het betogers op regeringskantore toegesak en hul CV's by die arbeidministerie ingehandig. Volgens Amushelelo het verskeie van die betogers werksaanbiedinge gekry en sommige het reeds werk bekom. Kosmos 94.1 Nuus het…
15 Apr 8AM 1 min

Afrika moet gesondheidstelsels versterk: Motsoaledi

Die gesondheidminister, Aaron Motsoaledi, het ’n beroep gedoen op Afrika-leiers om hulle ingesteldheid te verander en hulle aangemoedig om in plaaslike gesondheidstelsels te belê en dit te versterk. Hy het tydens 'n toespraak op die G20 Hoëvlak- Ministeriële Dialoog beklemtoon dat gesondheid as ’n belegging beskou moet word. Motsoaledi het…
15 Apr 8AM 1 min